die Moukissie

2007-06-25 ‘n Gedagte Matrix (nr drie van drie)
Dit was nou nogal stil vir ŉ wyle. Twee redes: die een is dat die skaal nog sif, die ander is dat ek in die proses tot ŉ beter insig gekom het oor die opinie van God … of te wel, die gebrek daaraan …

Ek wil net in dié stadium my dank aan Jaco betuig vir die insigte omtrent Opinicus. Dan wil ek ook dankie sê vir al die terugvoer wat ek op my gedagtes kry, ek verwelkom hulle enige tyd.

Ek het in my vorige gedagte die stelling gemaak dat God ŉ opinie het.

Ek dink ek was verkeerd.

Die afgelope tyd het ek ŉ nuwe vlam van belangstelling beleef met die fliek “The Matrix”. Net die eerste een op die oomblik.

As ek die skrywe wil kort hou gaan ek ongelukkig BAIE van die haaslopies omtrent The Matrix moet uitlaat. Maar glo my, enige selfstudie wat jy gaan beywer sal nie ŉ mors van tyd wees nie …

ŉ Laaste woord voor ek begin: Dit is nogal noodsaaklik dat jy ŉ goeie idee het wat in die fliek gebeur het en jy moes die laaste twee Gedagtes (2007-05-05 en veral 2007-05-18) gelees het.

“What is the Matrix? … It is the world that has been pulled over your eyes to blind you from the truth …”

“You are a slave born into bondage … a prison for your mind …”

-Morpheus

Morpheus: The Roman god of sleep and dreams …

Thomas A. Anderson / Neo: The word ‘Neo’ is an anagram of the word ‘One.’ Neo is also Greek for ‘new’, suggesting messianic overtones for his mission in the Matrix. There is also a reference to humanity with “Anderson”.

Trinity: The character’s name is derived from the name given to the triune Godhead in Christianity.

Nebuchadnezzar: The inscription on its core reads “Mark III No. 11 made in the USA year 2069.” Mark 3:11 reads “And whenever those possessed by evil spirits caught sight of him, they would fall down in front of him shrieking: ‘You are the Son of God!’”

ŉ God wat ŉ opinie het, is soos Neo voor sy dood. Sy gawes beïndruk mense en – soos met Jesus – wou hulle sien wat hy nog kan doen. Jesus het ook eers die wêreld verander met Sy dood want toé eers het die Nuwe Testament vir almal in werking getree.

Wat hét die wêreld verander? ŉ Mandaat om die bose te oorwin? Liefde vir die wêreld! Nie ŉ skermutseling tussen God en ŉ gevalle engel nie! Ek dink nie die Here soek troepe om Hom te help veg teen ŉ gevalle engel nie – Hy probeer nie maatjies aan Sy kant kry sodat Hy die boelie na skool in die parkie kan takel nie!

Morpheus: “I’m sorry, usually we don’t free a mind this LATE …”

Die geveg is nie teen die masjiene nie, maar teen die persepsie van realiteit in mense se koppe. Ons het nie Christene wat “verlang” na die “wêreld” nie, ons het mense wat fiksie en realiteit verwar …!

So, hoe kan ek The Matrix vat en waarheid daaruit probeer verduidelik? Suggereer ek dat die twee broers wat die konsep in die lewe geroep het gelowig is? Die naam van die fliek stel dat dié nie ŉ eendimensionele idee is nie maar ŉ matrix is [“A rectangular array of elements (or entries) set out by rows and columns; an enclosure within which something originates or develops (from the Latin for womb)”].

Dit daag jou oorsprong en die setel van wat jy glo en hoekom.

Hoe het twee potensiële heidene so ŉ raak-waarheid verbeeld? Ek dink deur bloot die leemte wat elke mens in hom het effektief te beskryf … ons verdowingsmiddels kan die wêreld stilmaak totdat waarheid deur dit iets in ons laat resoneer. Ons soek liefde wat die waarheid in ons kan red en in oorvloed laat leef buite die leuen waarin ons gebore is.

Anders gestel: As jy onthou het die god van verdowing/slaap die EEN daaruit laat opstaan en vir hom die waarheid gewys. Toe die Smith vir Morpheus ondervra was dit vrugteloos, totdat hy hom met waarheid konfronteer en Morpheus nie sy verdowing kon toepas op dit wat toe in hom resoneer nie …

Neo sterf … Trinity maak hom wakker met liefde … en meteens word een van die eerste stellings reg aan die begin van die fliek waar (natuurlik net binne die konteks van die fliek). Net voor hy die wit hasie op die meisie se skouer sien sê die man vir hom: “You are my own personal Jesus Christ …”

Maar toe was hy nog die ongelowige Thomas … met sy dood en herlewing besef hy, hy is die EEN en sy laaste woorde in die fliek?

“I’m going to show these people what you don’t want them to see, I’m going to show them a world without you, a world without rules and controls, without borders or boundaries … a world where anything is possible …”  *

Goed, wat dan van God se opinie wat nie meer bestaan nie? Maklik. Totdat Neo gesterf het was hy ongelowige Thomas en was dit net Morpheus se opinie dat hy die “EEN” is. Dit was net ŉ opinie op die rak van menings. Ons werk ook so, gaan na twee of drie dokters toe vir OPINIES oor wat makeer en dan meteens word die opinie waarheid. Toe TRINITY die opinie met liefde bevestig verander die opinie na waarheid …

Een vraag: wat was die waarheid voor die bevestiging? Was dit nie toe alreeds die waarheid nie? Is God eers GOD as ons in Hom glo?

God is nie ŉ medium wat ek raadpleeg vir ŉ ekstra opinie nie! God WEET! Hy is dan die ONTWERPER. Die AL. Die ewige “IS”. Die ‘van alle tye tot alle tye’. Die Oneindige. Maar ook die EEN sonder ŉ begin! Want sou Hy God wees as daar iewers in die annale die inskrywing kon staan “… en toe was daar god …”

Hoe kan die AL nét ŉ opinie hê??? Hy kan onmoontlik nie gereduseer word tot net nog ŉ opinie in die skare van menings daar buite nie!

Dis vreemd om weer die yskas te hoor. Jy weet mos hoe dit klink?! Dalk is dit net ek. Daar kom soms tye wat jy weet hoe goeters moet wees. Byvoorbeeld weet jy hoe elke kamer in jou huis sy eie klank het. Tog voel dit soms alles nes lêers wat opgeroep word in teenstelling met ware belewenis. So nou stap jy in die kombuis in. Die volgende word opgeroep: ketel klink so, yskas klink so, vloer voel so, blaaie voel so, lig lyk so …

Jy kon net sowel in ŉ fiktiewe kombuis ingeloop het en elektroniese pulse ervaar het wat vir jou die fop-belewenis van die kombuis gee. Ek weet ek het verby myself geleef as ek stil raak en meteens weer die stilte hoor. “Real-time”.

Is dit dalk ook waaroor The Matrix gaan? Dat ons ŉ fop-realiteit leef gebaseer op kunsmatige stimulasie, valse belewenis, maar omdat die masjiene ons die data konsekwent invoer voel ons dat ons lééf …

Is dit eers as ons die plastiek begin proe en daarvan naar word dat ons eers bereid raak om die waarheid in die gesig te staar. Dis die verskil tussen Neo en die Judas figuur in The Matrix. Judas het beide die fiksie en die waarheid beleef, die fiksie het aanlokliker gelyk en geproe … hy kon net nie die waarde van die waarheid sien nie.

Toe, om die fiksie terug te kry, was hy bereid om die waarheid te verloën. Die fiksie het hom eintlik gefop. Plastiek. Hoe kan God dan net ŉ opinie lewer oor die wanrealiteit waarin ons leef? Kan God dus ŉ meningsverskil met Sy eie skepping hê?

Die enigste wese wat dit nog kon regkry om ŉ “meningsverskil” met die God van alle tye te hê, was die duiwel en die oomblik toe dit gebeur het hy soos ŉ bliksem uit die hemel geval.

Opinie vs. WEET … “no contest”

Dis op pad Damaskus toe wat ons besef Hy is God sonder ŉ opinie, maar eerder die enigste EEN wat WEET …

Def Opinicus: An imaginary creature resembling a griffin, having a lion’s body and legs, an eagle’s head, and wings and a short tail.

*Mar 10:27 Jesus looked at them and said, “With men it is impossible, but not with God; for all things are possible with God.”

Vir die van julle wat weet van die gesprek tussen God en Abraham in Gen.18:20-33: ek sou dit nie as ’n meningsverskil beskryf nie.

2007-05-18 ‘n Gedagte Mené, mené, tekél, perés (nr twee van drie)
Mené, mené, tekél, perés …?

Daniel 5

Skaal.

Die laaste blare het begin val en soos ŉ ruspe het die koue aan my klere begin knaag en ek voel hoe my lyf van ŉ kant af weerloos raak. Maar dis net die begin.

Die skaal is soos die meeste ystergoeters onpersoonlik-koud tot op die punt waar dit amper brand. Waar dit ŉ week terug nog net ŉ glim op die horison was, is die toets hier. Die warm bed van my verlange krul temerig op as ek haar lakens verlaat en my tot die realiteit wend. Net soos die weduwee se kruik daardie laaste druppel uitbid, hunker ek vir nog net 5 minute maar weet ek dis nou eintlik klaar. Op. Niks meer oor nie …

Het ek maar net nog potte by die bure geleen … was daar dalk nog ŉ bietjie ekstra sand vir hierdie uurglas. Maar helaas is dit nie so nie.

Opstaan.

Ek trek die dag se opinies aan na aanleiding van die weerverslag en soek nog ŉ mus wat darem by die skema pas. Hopelik sal die ruspes nie deur dié een vreet nie …

Jy weet, soms dra die opinie my en soms dra ek die opinie.

Vandag was opsie twee.

Dis snaaks – of eintlik nie snaaks nie – maar dat daar op een dag hierdie puisie van ŉ knoppie groei wat jy van oral af kan voel en wat almal net wil druk. As jy weer sien is jy kinderlik nukkerig of net bloot onbetaamlik suur.

Toets.

Daar was regtig netnou nog vrugte in hierdie mandjie, nou is net die groente oor. Met ŉ terugkyk in volkleur, 20-20, is die oplossings ooglopend, eenvoudig, beskikbaar.

Veilig en filosofies hou ons goeters op ŉ afstand, daar anderkant is hulle, nie hier by my nie. Nee, hier spook die rou verlate vrede van vergetelheid.

Maar ook net vir so lank.

Sien, dis die verskil tussen om die opinie te dra en om deur die opinie gedra te word. Dra jy hom, word hy swaar, ongeag hoe vleiend. Dra hy jou, is dit tien teen een waar. Gewoonlik is mense wat niks weet nie verantwoordelik vir die een.

Dis dan ook die doel van die toets, die weegbrug van die tyd kyk of jy dra of gedra word.

Dis nou onvermydelik. Ek kan nie verder gaan sonder om iets te sê oor die Een wat Alles gemaak het nie. Wie beter as die Een wat my gemaak het om ŉ Opinie te lewer wat my deur die lewe kan dra? Dis hoeka net Sy opinie wat kan dra, Sy mening wat in my raaksien wat net Hy van weet en net ek kan uitleef! Nie iets sommer uit die lug uit met ŉ rakleeftyd nie. Nie iets wat hoop om raak te beskryf nie.

Maar ŉ inspuiting, iets wat kapillêr my wese van alkante af infiltreer om sodoende die integrale samestelling van my te smee om meer soos die weerkaatsing in Sy Woord te lyk. Daardie verandering wat net Hy teweeg kan bring. Flip, hoe kan ek dit anders stel dat dit wat Hy verander deur Sy opinie van my, nie een of ander winkelpop brigade is nie maar die diepste spilpunt van my belewenis omdraai.

Sy opinie is soos Sy wil vir my lewe: naarstigtelik op soek na my. Net om enige onduidelikheid uit die weg te ruim, dis soos om wegkruipertjie te speel maar met een aanpassing aan die reëls: Sodra jy klaar tot 10 getel het, spring almal uit hulle wegkruipplekkies uit en kyk wie jou eerste kan vang.

Wat gaan gebeur as jy dan deur die huis loop en skree “Waar is Jy …”; “Ek soek na Jou …”

Mat 7:11  As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!

“Toets-toets; een-twee; toets … Kan Iemand my hoor?”

Dan 5:26-28  Dit is die uitleg van die woord: Mené—God het u koningskap getel en daar ‘n einde aan gemaak; tekél—u is op die weegskaal geweeg en te lig bevind; perés—u koninkryk is verdeel en aan die Meders en Perse gegee.

2007-05-05 ‘n Gedagte (nr een van drie)
Dis alwéér winter. Behalwe vir die blare-ding wat verby is en die onwilligheid om op te staan is winter soms vir my ‘n groter aanduiding dat seisoene verander en nog ‘n jaar verby is. In die helderheid van die lente en die somer draai die aarde nie vir my in tyd wat verloop nie. Selfs die herfs is soms net ‘n romantiese gedagte in skakerings van bruin, geel en helder oranje.

Ek dink ek het dié jaar se herfs gemis. Soos iemand wat jy in ‘n oorwink sien verskyn en verdwyn was dié herfs ‘n geliefde met wie ek nog wou praat maar in die losgemaal net ‘n ‘hello’-kyk van kon kry. Die “aand” is verby en al wat oorbly is blare wat soos rommel na ‘n partytjie rondlê. Die wêreld word ‘n leë dansbaan waar die blink konfetti van die vorige seisoen sy glans verloor het en nou vuil op die vloer lê.

Die vorige seisoene se lewe raak skugter en skuil in die herberg van kaal bome en in die beton-oerwoud skarrel elkeen na sy poshokkie toe waar ‘n bietjie warm-en-knus hom kan beskerm van die koue, … en die leed?

Sien, die herfs is amper soos ‘n voorbehoedmiddel wat keer dat die winter ‘n verrassing is – al kom die winter nogsteeds, anders as met voorbehoedmiddels …

Dan is die herfs seker eerder soos ‘n swangerskap. ‘n Tyd waar dinge stadig verander, waar verwagting letterlik daagliks groei en die ongemak wat jy beleef ‘n inleiding raak vir die opoffering wat jy nog gaan maak. Dan baar die nuwe seisoen sy volle implikasie en meteens stort jou vooropgestelde wêreld in duie as realiteit sy pond vleis kom haal.

Nou, voor die slapelose nagte en die donker-wakker-ure ‘n tronk word waar die tyd van jou vergeet en die dag-en-nag-en-vroeë-môre jou laat sidder en beef. Weet dit. Die winter is ook net ‘n seisoen. Die pokkel word ‘n peuter en ‘n kleuter en ‘n kind en die eindelose nagte begin weer die toe-oë van jou siklus vind.

Die winter baar soms kinders wat na jare eers die wêreld in sy volheid wandel. Die ongemak en onrus wat onvermydelik jou kom ‘hael’, is ook net ‘n seisoen. ‘n Seisoen wat noodgedwonge kom, en weer gaan.

Dit is hoekom die herfs vir my belangrik is. In haar romantiek kom fluister sy saggies die waarheid in my oor, maar ook die hoop. Dans sy ‘n laaste skoffel saam met my voor haar lyf my teen die einde van die aand koud laat. Sy word die liefde waarna ek verlang.

Maar die herfs is meer as net die voorloper van ‘n koue leë tyd. Meer as net ‘n verlore liefde en meer as die rooi sinjaal wat verandering aankondig. Herfs is die sterfkreet van verganklikheid, die laaste uitroep van dit wat net ‘n seisoen lank hou. Dít is dan ook die verskil tussen ons en seisoene.

Ons hou langer.

Herfs raak die oproep na die skaal – winter – wat kom weeg of dit wat ons geleef het ook langer as die seisoen gaan hou …

Herfs is ‘n vriendin wat ek altyd wil ken, die vrou met wie ek my lewe wil deel, die aanslag waarmee ek wil leef en die ywer waarin ek die wêreld wil bewandel. Herfs is die waarheid van dit wat oorbly, en die uitdaging vol in my gesig. Herfs is die kind wat ek wil hê maar ook die ouer.

Nader as ‘n soen wil ek haar ken, maar beter as my gisters haar onthou, want herfs is ook net ‘n seisoen wat kom in die rooidag en verdamp saam met die dou.

Voor dié winter my kom weeg en die koue my totaal uitklee, gaan ek eers ‘n bietjie herfs hou. ‘n Oomblik neem om die dou te waardeer voor die ryp kom versteen.

Herfs, soos die nag in die tuin. (Getsémané)

Ontroerd, maar verwagtend.

2007-11-12 ‘n Gedagte Pantoffels
Dis weer troukoors in die kontrei en behalwe vir die gewone gang van seremonies wat ek vir ŉ ekstra inkomste bywoon, begin ek al meer van die knoophakers ken.

Natuurlik kyk ek al lankal self ŉ bietjie rond, maar in my roer kom geen gedaante op nie. Behalwe vir die ritsel in die gras en oomblik op die horison het die jagtog nog geen sukses getoon nie. Persoonlik is ek ook nie ŉ bakkie-jagter nie, nee, van loop en bekruip is ek gemaak, so die gebruik om Vrydagaande met die skietlampe en koelbokse te gaan trofees jag is nie juis deel van my ideale ekspedisie nie. Vir die rekord en uit die ondervinding wat ek het, is troues as sulks glad nie die tipe opskop waar jy met jou roer opdaag nie, dis soos om by ŉ spitbraai op te daag met ŉ tollie aan die leiband …

(verskoon tog die vergelyking –ed)

(ŉ Nota vir die stadsjapies: tollie =s. Jong ossie)

Wat dan gemaak as die ruggie in die nagte koud bly? As daar net een stel slippers langs die bed staan?

Ons het altyd van ‘sweeties’ gepraat en eintlik is dit ‘lekkers’, ek het toe vir amper dieselfde rede gaan kyk of ‘slippers’ net dalk nie ook ŉ Afrikaanse woord is nie, stellig nie, dit heet pantoffels. Gewapen met die regte taal was ek gereed om soos die Mite Polisie uit te vind wat dan nou in dié Pantoffels steek.

Soos meeste goeters uit die volksmond is daar seker ŉ storie agter elke rympie. Ek het al agtergekom dat goeters wat rym mense laat dink dis waar of selfs wet, een ‘sêding’ wat ek aan die kaak wil stel is “sy kan maar haar pantoffels onder my bed kom in skop …” (daar is variasies op die tema).

Daar mag dalk by sekere mense die verkeerde indruk opkom. Dit is byvoorbeeld nie vir my dieselfde as die klassieke fliek-dubbel-betekenis wat die uitnodiging om “gou in te kom om koffie te drink”, het nie. (Dis veral verwarrend as hulle vroeër die aand juis in ŉ koffiewinkel ontmoet het … –ed) Ek het ŉ langer termyn van verbintenis gekoppel aan die hele pantoffel-ding. Tog dink ek dat ek dieselfde uitdaging beleef as sekere kulture toe die Westerse samelewing gekom het met hulle reghoekige beddens, vierkantige kaste en stowe. Hoe gemaak as jy jou bed teen die muur wil vas stoot, as die muur rond is … halfpad deur die nag het die kussing in daardie halfmaangaatjie ingeval, dêmmit.

Wat gemaak as my bed se basiseenheid amper aan die grond raak, dus is daar nie plek onder my bed nie!? Dadelik dink ek aan my ouers se bed en waaragtig staan hy op pote en is daar plek vir pantoffels en ŉ trompet. Ek sal iets moet doen as ek wil plek maak vir daardie pantoffels.

Voor ek verder gaan sal ek net graag ŉ oomblik wil neem om aan te kondig dat die Gedagtes nou al vir ŉ jaar aan die gang is. Vir die wat al vergeet het en die wat nie weet nie: “ ŉ Gedagte” is die venster wat ek oopgemaak het aan die einde van verlede jaar na die letterpret wat ek soms beleef. Dis iets wat teen daardie tyd al vir lank stem gesoek het, tot een aand in die geselskap van vriende met ŉ lekker Jazz orkes in die agtergrond ŉ uitlating gemaak is en iemand gevra het dat ek dit vir hulle aanstuur met ŉ epos.

“Dit is tyd dat ons onmisbare oomblikke, onvermydelik, ráák moet leef …”

Raakgeleef.

In die begin het ek ingeloer by Skype gesprekke en geselsies om tafeltjies Jazz, groot kuiers op soek na die antwoorde van die heelal en selfs net die eenvoud van ŉ glasie tonic (dis nou die “T” sonder die “G” …).

Terug by die pantoffels onthou ek hoe as jong seuntjie ek een vakansie ŉ tand getrek het. ŉ Ander legende van die pantoffels het sy kop hier uitgesteek, dié van die tandemuis. Mens moet dié legendes nie sommer ligtelik benader nie, ek het ook nie, die tandjie is mooi geborsel en in die pantoffel gesit.

Alles was reg en in hul plek toe ek gaan slaap daardie aand, die muisie moet tog net die rotgif op die plafon misloop …

My oë was skaars oop toe ek die munt sien blink in die haak van die pantoffel. “YESss! “

Ek kan seker nie namens my voorgeslagte praat nie maar iewers was daar seker ŉ Jood gewees … minute later is dit ek, my pantoffel, die logika van ŉ laaitie en ŉ 5c muntstuk, paraat.

Muise (Mus musculus) is sekerlik gebiedsgebonde of so iets (ek dink ek het dit op TV gesien of by iemand gehoor wat dit in die Huisgenoot gelees het), so as ek my pantoffel in ŉ ander deel van die huis gaan sit en die 5c sit waar die tand was …

ŉ Verskeidenheid van faktore maak dat ek nie die volle detail kan onthou nie, die punt is dít: dat deur watter meganisme dit ook al gebeur het, het ek daardie dag geld geruik en die arme muis twee of drie keer kon oes voor die fontein in my pantoffel opgedroog het. Ek was ligtelik ingenome met die ‘feit’ dat ek kan GELD MAAK UIT MUISE! (al was dit net dié één dag en met die klein belegging van ŉ uitval tand …) ŉ Meevallertjie nie te min en raakgevat!

Ek soek nie meer geld uit leë pantoffels nie, maar eerder ŉ paar voete.

Ek is gefnuik: daar is nie plek onder my bed nie en die pantoffels staan verlate aan die voet-en-ent. Dalk gaan dit glad nie eens oor die pantoffels nie, dalk het daardie muis my net gespeel vir nog ŉ tand en toe hy aan die einde van sy kanse kom besef my glimlag gaan nêrens heen nie (of iemand in die huis se kleingeld was op?).

As dit dan nie in die pantoffel steek nie?

ŉ Gedagte wat lank gesoek het na sy ink en pen vind meteens ŉ groter waarheid uit. Dit ís nie in die pantoffels nie, nie in die wag en loer nie, nie in die blinde kuiers of skietlamp ekspedisies nie …

“Dit is tyd dat ons onmisbare mense, onvermydelik, raak moet lééf …”

2007-10-27 ‘n Gedagte vol los gedagtes …
Die afgelope tyd was nogal interessant. Daar was tye waar ek die son sien opkom het, waar ek saam met die nag se laaste mis die slaap uit my oë gevee het. Tye waar die nag soos die pad voor my net aangehou het. Stryders onder die storm het ons van ‘A’ na ‘B’ gejaag, soos perde in die voorste linies amper ongeteuel om die pas te stel maar met waansin in die oë wat weet die oorlog kom!

Wat weet daar is geen omdraai meer nie.

Tye waar ek gehunker het na die ink, my digitale blad en veer om vlerke aan my gedagtes te gee. Gedaante aan die vloed van lewe waardeur ek soms sleur, soms sny en soms die spanning van die water ry.

Partykeer wil ek skryf

Só dat ek dit amper

Kan voel, kan proe

Kan ruik hoe die

Bloed uit my gebarste

Lip loop

Ek wil my woorde wees

Letterlik my siel

In hulle grein laat loop

Dan kan jy dalk daar

My spore vind

En iets beleef van wat ek

Droom as kind …

(nota: Die vorm is as gevolg van die langwerpige papiertjie waarop ek geskryf het, ek was op pad Brooklyn toe, dit het Donderdag redelik gereën en ek moes gou hardeskywe en ander toerusting gaan aflaai. Dit was al na 9nm. Ek het waaragtig my dagboek by die huis gelos en kon net ŉ brandstof strokie in die hande kry, darem het ek ŉ pen gehad.)

Tussen die gewone spoel van goeters het ek mense afneem wat soms probeer belangrik klink en walglike woorde soos “auspicious” gebruik … net soos die vorige drie ander mense en waar die gehoor amper ŉ merkbare “ooh” en “aaah” gee gevolg deur daardie ongemaklike stilte waar hulle probeer uitwerk wat dit dan nou EINTLIK beteken. Die spreker hou lustig aan met sy gotiese verwerking van iets wat seker in die Sarie gestaan het.

Teen dié tyd het die gehoor lankal opgehou om te wonder wat die ‘leenwoorde’ beteken. Immers praat ons almal maar net kombuis-Afrikaans en aksént-verwardé-Engéls.

Tussendeur dít het ek na die Universiteit gegaan en studente se opinies afgeneem. Ewekansig.

Ek beveel dit aan.

Ek beveel dit aan want jy is ongeken en die persoon met wie jy praat is onbekend. Dis veral lekker wanneer iemand naby jou gaan sit, ek het hulle net uit die hoek van my oog gesien terwyl ons besig was om met die huidige kandidaat ŉ onderhoud te hou. Hy lyk rof en die meisie sal jou seker mooi kan vertel … ek dink hulle is Engels. Ek WíL met hulle gaan praat …

Dan is dit soms verbasend wat mense bereid is om vir jou te sê terwyl jy ŉ kamera in hulle gesigte het. Dan het ek ook al ‘belangrike’ mense sien hap na woorde en wonder wat om volgende te sê.

Sal die roetine van elke dag ons insluk en in die regte boksie uitspoeg? Sodat die groter kubus vierkantig in die niet kan hang terwyl daar na die volgende boksie gesoek word?

Partykeer as ek begin skryf is

daar net niks. Behalwe die stilte van

ŉ blinde stuk papier en ŉ pen wat kwyl,

angstig om sy ink in verhale

te borduur.

Partykeer as ek begin skryf

Bars ŉ oorlog los

Moet ek koes vir koeëls

Letters wat swets

En paragrawe gemors.

Partykeer as ek begin skryf

Dek my pen tafel net vir twee.

Wil ek skryf, wil ek hoor

Wil ek lees, wil ek plekkies in my hart

Vir die woorde maak, gaatjies waar

Ek hulle weg kan steek …

(nota: Weereens op die stuurwiel geskryf, op pad terug in hoog spitsverkeer van Sandton af. Die son wil sak, ek wil by die huis wees, maar nie een van ons twee gaan nou ons sin in kry nie …)

Ek dink dit was in Shoshanguve. Die een oomblik is daar huise en die volgende oomblik volg ek die motortjie voor my na die hek van ŉ erfie waar daar net ŉ bruin verroeste sinkhuisie staan. Dis Sondagoggend en ek is in Afrika. Daar is ongelyke grondpaadjies met hier en daar iemand wat verby stap. Ek kan hoor hoe nie te ver in die buurt af nie daar vurig kerk gehou word. Meteens is ek terug in Noord-Namibië. Net suid van die Angola-grens het ons ook in ŉ sink kerkie gesit. Jy kon soms in die nag selfs skote hoor. In die oggend was Afrika op die stoep, het sy pap gemaak, mopanie wurms en vissies uit die poele water langs die pad. In Zambië het ons tussen die sakke mielies wakker geword, amper asof die oomblik te groot was om te mis het die haan lankal begin aankondig. In die donker het die skadu’s en silhoeëtte gewaak totdat die son hulle eers lank maar stadig uit die weg kom kleur.

Daar is nog. En nog steeds te min.

Ek mis die reuk van Afrika,

Haar kinders se klam handjies

In die oggend, as ek kaalvoet

Oor die gras gaan stap.

Ek mis die reuk van Afrika,

Haar dae wat soos ŉ

Vuurherd brand en eindig

As ŉ Pêrel in die

Roet kom lê.

Ek mis die reuk van Afrika,

Haar kaja tussen die kakiebos

Haar liefde wat my hart opdroog

Haar drome wat ek vir eendag los.

(nota: Ek onthou soos gister een dag toe ons gaan water haal. Daar was net een kraan in die area. Agter op die waentjie was twee 44 galon dromme, die paadjie was vol gate en plasse water en ek het versigtig met die Toyota Venture hulle probeer mis ry. By die kraan gekom het ons begin om die drink- en kookwater in die dromme te tap. Die son het in ŉ hemelbed van rooi en geel gesak. Dis toe wat ek onthou hoe ek menigte male in die wiskunde- of wetenskapklas gesit het en gewonder het hoe dit sou wees om nou iewers in rou Afrika goeters te doen. Spilpunt-swaai.

Ek wonder nie meer nie.)

2009-06-22 ‘n Gedagte_Leef
‘Terminator’, ‘Matrix’, ‘Equilibrium’, en as jy regtig lus is sal ‘Planet of the Apes’ op sy eie manier ook aan dié kriteria kan pas. Eersgenoemde het ek onlangs gesien en ŉ sinnetjie iewers in die dialoog het my aan die ooreenkomste laat dink.

Menswees.

Ons probeer met ons realiteitsprogramme dit seker ook op ŉ manier raakvat, die logika is net vreemd (tog maak dit sin?). Ons kyk na ander mense … hoe hulle probeer om régtig te wees wie hulle is, of te wel, wat die mense om hulle wil hê hulle moet wees. Dalk laat Jerry Springer ons net beter voel oor ons eie mal lewens wanneer sy gaste hulle afwykings paradeer. Net daar voel ek beter oor my sonde, want iemand anders se lewe is veel erger. Nee kyk, hulle doen dinge wat mens nie eens in slegte geselskap kan herhaal nie. Of so hoor ek. Nee, ék het dit self nog nooit gekyk nie. Jy sien, my suster het ŉ vriend wat iemand in die Kaap ken en hulle bure het dit eenmaal gekyk en ons alles daarvan vertel …

Stories om die kampvuur kom al van die oertye af. Die grot het nou net in ŉ voorkamer, en in sekere huise, ŉ hele aparte TV-kamer verander. Ek onthou nog hoe ons as kinders by die huis sou aankom, die voordeur oop vergeet, en my ma dan sou vra of “…iemand in ŉ grot groot geword het.” (Eintlik het dit niks met die punt van dié gedagte te doen nie …)

Ons probeer definisie kry vir die menswees wat ons beleef of wil beleef. Die illusie wat die media tot nou vir ons voorgehou het, is net nie meer na smaak nie. Nou soek ek realiteit! My oë is moeg vir die goeters wat my hart net nie meer kan glo nie. Nou wil my kop dit hê en my lyf … my lyf soek sy stimulante, kleursels en suiker.

kliek

Een of ander ster se lewe val op die skinder-kanaal uitmekaar en ek voel versadig na dié maal. My realiteit syfer al hoe meer deur die planke, kalklig en simfoniese harmonie as die held op die toneel verskyn. Nee, dis nie waarheid of eg nie. Dan kies ek eerder ŉ ander kanaal waar die tannie haar man slaan, die span vir ses nulle op die eiland uitteer, of waar ek kan sien hoe hulle iemand se gesig smelt en nuut maak.

Dis die moderne wêreld. Jy kan enige iets op daardie kas laat verskyn en heeldag daarna kyk. Want sien is glo.

kliek

Flip, ek haat advertensies. Sal eerder iets op die betaal-kanaal kyk as wat ek so deur die film moet hakkel.

kliek

Terug by my realiteit wat teen dié tyd soos ŉ sproetgesig seuntjie eenkant sit, onvergenoeg in sy eie vel want die kassie het hom vir homself verveel. In ŉ flikkering is wie hy is en dit waaroor hy droom net nie meer goed genoeg nie. Pas hy nie meer in sy eie belewenis van dié lewe nie en word selfs sy aanraking met die wêreld verdruk deur perke wat voorheen nog geensins bestaan het nie. Op die man af los hy sommer sy meisie wat nie naastenby meer opweeg met die silikonpoppies van die kassie nie en sy werk is ook nou sommer sy dienste kwyt.

kliek-kliek-kliek

Die kanale laat my suf.

Spoel bloeddorstig die een slagting na die ander in my sintuie af.

Die beelde sink in ŉ ‘ghonk’ weg tot net die swart skerm oorbly. Is dié dan realiteit? Alleen in ŉ donker kamer met net die videomasjien en DSTV se liggies wat brand. Sooibrand slik die onvergete beelde weer deur my gedagtes en herkou elke flikkering weer voor my geestesoog. Dors soek my oë nou die prentjies elke dag, verdoof sien ek nie meer die lyke langs die pad lê nie, hoor ek nie die sirenes wat om my skril nie en mis ek nie die karakters in my lewe nie. Mense raak vervangbaar, en soos die spelers in die stories sinneloos afgemaai word, val vriende en familie net weg tot ŉ inskrywing in die kredietrol.

Moeg vir die mense om my, maak ek nog ŉ skerm oop. Blink sy lig oor die letters waarmee ek op jou muur kom skryf. Pleister daar foto’s, boodskappe en ander onsinnighede op die kaleidoskoop voor jou en looi ek my hart vir jou uit tot net die droë leer oorbly. Goed vir skoene.

Menswees.

Meteens ŉ geveg waardig.

Bar verwarrings van dié konsep walg die sensoriese en pornografiese mishandeling wat gewone mense elke dag moet deursif. Iets soos kleefplastiek film in ŉ lagie oor die voelers wat andersins ons aan die elemente van realiteit sou blootstel. Nie langer wil ek van die wêreld af wegskram nie, maar wil ek voel en weet waar die reën inpas.

Dit kan nie vir ewig koud bly nie. Jou hande kan my nie vir ewig uitlos nie. Iewers in ŉ stadium gaan daar weer blomme uit die dor verskyn. Regte blomme wat jy kan ruik, lief hê en oor kan treur as dit verlep. Sal die son weer brand en die nag korter as dag wees.

Sal jy haat, liefhê, die foeter in raak… en vergewe. Omdat dit alles saak maak. Sal jy voel wanneer jy brand en sal jy naalde weier wat seer wil blind maak. Sal jou hart weer kan pyn en bons en ophou doof wees vir die pulse wat roer.

Menswees gaan oor meer as dierlike instinkte. Meer as die verdowing wat ons so verslind en die versugting wat ons wil voer. Dit gaan netsoveel oor die pyn as wat dit oor die lag gaan, oor die stukkend en die heel. En as alles wil stil raak voor die geraas van storms dan gaan dit oor die afwagting, die vrees en die sug van verligting! Dit gaan oor God, die duiwel en elke dag se tef-en-teem wanneer ons soos Job, en selfs erger, wil skree, vloek en wens om dood te gaan.

Stig klank in die stilte, skud sodat iets kan beweeg en lui jy die klok na pouse sodat die volgende ronde kan begin. Maar voor die kakofonie jou gemoed oorrompel … leef.

2009-02-25 Stofpad Gedagte_07 Rustig
Waar gaan mense dood?

Dalk moet dit eintlik ‘wanneer’ wees?

Daar is hierdie vraag wat in filosofie gevra word dat “as ŉ groot boom in ŉ bos iewers omval, het dit gebeur as jy dit nie weet nie?” (geparafraseer)

Gaan iemand nog dood as jy dit nie weet nie? Gaan hulle vir jou eers dood wanneer jy dit uitvind? Gaan hulle nog dood solank iemand nog van hulle bestaan kan onthou?

Ek sou die gedagte net daar wou stop.*

Dankie dat jy gelees het.

Groete

*Dit is seker die kortste gedagte wat ek tot nog toe geskryf het, ek het wel gevoel dat ŉ nota onderaan die bladsy dalk net sou help om die prentjie beter in te kleur, al is dit net in skakerings van swart.

My ouma is vandag 25 Februarie 2009, tien voor nege in die oggend rustig in haar slaap dood. My selfoon het agtien minute na sewe in die oggend die swaar boodskap aangedra. Iemand het vóór dit bespeur dat sy nie meer die las van hierdie tydelike tent dra nie. Rustig. Heen.

Iewers langs die pad op die tog deur hierdie lewe gaan elkeen in ŉ stadium sy tent verlaat. Tyd verlaat. So gaan die tekens dat ons hier was ook in die stof in verteer en dit alles is okay. Want ons was hier, of dit nou op klippe staan en of die geskiedenis dit geskryf het, ons was hier. Mense om ons het ons beleef. Ons stemme gehoor, ons vorm gesien, ons warmte aangeraak.

Sonder dat ons dit altyd beplan of weet maak jy ŉ merk in die tyd om jou. Kataliseer jy rimpels met elke tree. Verander jy die wêreld of jy nou iets doen of nie. Selfs jou huiwering staal een langs jou om met ŉ besluit voort te gaan. Soms swyg ons die liefde van ŉ smeulende pit na ŉ vergete rokie.

Maar ŉ invloed sal ons hê.

Ons sit so om ŉ vuurtjie die aand na die oggend se begrafnis, dankbaar dat van die familie kon bly om bietjie te kuier. Ek was dalk stadig as kind maar het nooit gewonder hoekom my oom se van Nel was en my ouma s’n Van der Merwe nie. My ma se nooiensvan was ook Nel. Almal het my oupa ‘Oom Paai’ genoem.

En hier na my ouma se begrafnis het ek die eerste keer die vloekwoord gehoor. Stief. My ma en oom se pa, Oupa Fanie, is dood (tog weet ek dit al van kleins af). Die oupa wat ek leer ken het, was ŉ stiefpa vir hulle. Nee, niemand het mekaar aan die kraag gegryp en dít gesê nie, dit was meer in verwondering dat ons besef dat die mense wat vandag om die graf gestaan het met mekaar verbind was deur my ouma as gevolg van wie sy was.**

Een ding moet jy ook mooi verstaan, my ouma het drie mans gehad – nee, sy was nie soos die De Melker vrou nie – sy het elkeen waarlik liefgehad en elke stukkie familie wat aangetrou het haar eie gemaak asof sy hulle almal self gebaar het. Dit sit nie in enige een om so te kan maak nie.

Hertzogville. As jy hierheen bel en net naastenby klink soos die media of nuuskierig sal die persoon sommer prontuit sê: “Hier in Hertzogville gaan niks aan nie en oom Paul is nog steeds dood”. Ja, jy weet van die omie wat die tannie na sy dood in die huis aangehou het omdat sy onwrikbaar geglo het hy gaan weer opstaan. Die staat moes ingryp en onder bewaking die man gaan begrawe.

Die tannie het glo nog so nou en dan nuwe datums vir die oom se terugkeer. My ouma was nie so nie. Sy het die verlies van haar maats berou met die grootste deernis. Opgestaan, aanvaar en verder geleef. Nie minder lief gewees vir enige van hulle nie, nie meer aandag aan die een se kinders gegee as die ander nie. Maar iets in haar het genoeg lewenslus oorgehad dat sy dit nie vir haarself kon hou nie, genoeg dat sy dit nie op haar eie kon opleef nie en moes uitdeel, uitleef saam met iemand anders.

Iets in haar het nie skuldig gevoel om aan te hou leef nie, het geweet dat haar hart groot genoeg is om aan te hou liefhê en het ook geweet dat haar liefde vir haar maat nie sal sterf nie, want ek glo dit wat hulle in haar lewe in gebring het gaan nooit sterf nie. Selfs vandag na haar dood leef die bestaan van haar mans en wie sy was in ons voort.

Dit maak dat sy ook nog lewe.

Nee, ek het nie ŉ wanbegrip oor die feit dat my ouma huis toe is nie. Ek probeer haar nie aan die lewe redeneer nie, ek dink net ek besef iets wat sy uitgeleef het. Iets bevrydend. Iets wat my leer van hoe liefde werk en dat mens nie jok of jou lewensmaat verloën deur nog iemand lief te hê as hulle nie meer daar kan wees nie. Dat ek nie iemand gaan of moet vergeet om iemand anders lief te hê nie.

Ek sukkel om dit te verduidelik maar ek weet dis ŉ goeie ding as ek kyk na die invloed wat my ouma op die mense om haar het net omdat sy weer en nogsteeds kon liefhê.

Liefde is ŉ werkwoord wat aanhou gee.

Dalk het sy net die verskil tussen skuldgevoelens en ware liefde verstaan. Die leuen kon onderskei wat sommige mense glo dat daar net plek is vir een mens in jou lewe in ŉ leeftyd.*** Wat dit ook al was, my ouma het dit verstaan en dit is deel van my erfenis, ŉ voorbeeld wat in my lewe afgespeel het wat ek nie sal kan ontken nie en in dit leef my ouma voort. Of sy nog hier is of nie, of ek elke dag aan haar dink of nie my lewe is deur haar beïnvloed en mense om my leer my ouma ken al het hulle haar nooit ontmoet nie.

Mag jy in hierdie lewe te veel lewenslus hê om dit op jou eie uit te leef en mag die mense om jou nooit dieselfde wees nie. So eer ek dan vandag my ouma daar waar sy vir 86 jaar liefde uitgeleef het en in die geslagte om haar ŉ onmisbare erfenis nalaat in selfs die mense se lewens wat haar nooit ontmoet het nie.

** Ek weet die sin klink dom, sonder om die spoed van die skryfwerk op te frommel kom dit maar net daarop neer dat ons nie almal bloedverwant is nie, maar ‘trou’verwant.

*** Ek hoop jy kan onderskei dat ek nie hier van veelwywery praat nie.

Ns. Vir die van julle wat tot hier onder aan die gedagte lees, ŉ stukkie propaganda. Die erfenis wat ek hier van praat is die goeters wat ek uit vorige geslagte wil vier en onthou en aan my kinders oordra. Gaan soek die gedagte onder die titel ‘Porsie’ as jy dié konteks van erfenis wil verstaan.

ŉ Nota na die einde. Ek het eers tien voor nege op die 25ste Februarie 2009 die boodskap op my foon gelees, tot net voor dit was my ouma volgens my nog hier.

vlinders
Sake van die hart het gewoonlik een of beide van die volgende nodig: ’sterkte’ en ‘wysheid’, want die ‘vlinders’ sorg nogal vir die res …

beskryf
Soms wens ek woorde kan die gevoelens in my verlos. Uit kots in letters tot die laaste gal homself bitter maar raak beskryf. Dan sal ek sekerlik bevry wees van die onbekende, maar ook die uitdrukking. Want wat bly dan oor om te beskryf as alles klaar reg gesê is.

29 Mei 2009
Goeie môre. Blaas jou vars asem in my longe in. Meteens verskil “hier” en “naby” wêrelde van mekaar terwyl jou dun vingers geniepsig speel deur die truitjie wat ek aan het. Vir ŉ oomblik huiwer my asem in ŉ waas voor die lug dit insluk, terug in jou longe in?

Dis winter en ek sit vroegoggend buite om my skoene skoon te maak. Die reuk van politoer herinner aan soveel vorige oggende, soveel vorige kere hier in die koue waar ek myself reggekry het vir skool of wat ook al die dag sou oplewer. Dis nie gewoonlik die tye waar jy diep oor die wêreld en die groter “AL” dink, of selfs bepeins oor die samestelling van die heelal nie.

Meteens wonder ek of kulkunstenaars se slagspreuke hulle in die hakskeen byt as dit by verhoudings kom? Ek sal ŉ voorbeeld noem: “Ek kul jou hier ek kul jou daar en siedaar!”

(Wat? Verdwyn ‘sy’ dan? Mmm… –ed)

Wie is ek om te oordeel, dalk werk dit nie eens so nie, dalk is dit juis een van die groot redes dat mens werk en huishouding moet skei. Anders skei jy?

Ek sal dalk meer as net die truitjie nodig hê om die koue van my lyf af te hou, soos ŉ verlore liefde wie se vervaldatum diep in die verlede lê is daar geen dromerige gevoel in my vir dié seisoen nie. As ek ooit iets gevoel het is dit met die vorige griep uit my lyf uit gesweet.

My serp is weg.

Een van die geskenke tussen ons en nou is dit weg. Elke oggend voel ek haar asem in my nek af blaas terwyl ek deur die verkeer vleg op my swart perd, vergifnis is my dus onbeskore. Dis dan maar hoe dit tussen ons gaan, helfte van die jaar word ek vasgevang in die verbete stryd om mure om my te kry, met komberse en verwarmers hou sy darem afstand. Die res van die tyd kom ek weg met somersklere en selfs kaalvoet op die teëls.

Maar die nag …

Die Beeld blaker vandag iets op die pale van reën in die noorde wat nie so ongewoon is nie, tog grou die dorp swaar onder die wolke. Goedkoop parfuum kleef die nat koue aan my lyf en ek sidder want die einde is nog lank nie in sig nie.

Tog beskaam die hoop nie, weet ek die warm seisoen is op pad en sal daar selfs nog iewers uit die koue dae se kille stryd nog warmte verskyn uit die liefde uit.